Die Hoorn se Sportkalender

Vrydag, 29 Julie 2017
RUGBY SWD Presidentsliga: • All Blacks speel vanaf 14:15 teen Beaufort-Wes op die Bridgton Sportgronde (Plate). Die A-spanne begin om 15:30 speel. Navrae: Damon Gysman – 073 441 2619.
• Harlequins speel vanaf 14:15 teen Willing Hearts op die Weermag Sportgronde. Die A-spanne se afskoptyd is 15:30.

Saterdag, 29Julie 2017
RUGBY Karoostreekliga: • Adias speel vanaf 14:15 op die Bridgton Sportgronde teen Glen Roses. Die A-spanne draf om 15:30 op die veld. Navrae: Lionel Prinsloo – 072 291 3970.
• Oudtshoorn pak Young Leaves vanaf 14:15 op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec).
Navrae: Ferdie van Rensburg – 084 991 6886.

Saterdag, 29 Julie 2017
BERGFIETSWEDRENNE: • Die derde been van die Die Hybrid Track Seriesbaan-bergfietswedren-ne vind by die Arnold de Jager Ovaalbaan wes van Oudtshoorn plaas. Inskrywingsvorms is beskikbaar by https://jakhalsevents.wixsite.com/jakhalsevents/events.
Navrae: Corné Botha – 074 260 2871.
Die wedrenne begin om 12:30.
GHOLF: • Die Laerskool Laurus se gholfdag, ’n vierbalalliansie, begin om 10:30 by die Oudtshoorn Gholfklub. Inskrywingsgeld is R150 per persoon. Navrae: Gideon Badenhorst – 082 823 3736.

Saterdag, 29 Julie 2017
SKOLESPORT: • Die Hoërskool Oudtshoorn speel vanaf 08:00 op sy tuisvelde rugby, netbal en hokkie teen die Hoërskool DF Malan.
Navrae: Stix Theunissen – 044 279 1623.

Woensdag, 2 Augustus 2017
GHOLF: • Die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse Besigheidskamergholfdag begin om 08:00 by die klub se bane. Navrae: Gideon Badenhorst – 082 823 3736.

Saterdag, 5 Augustus 2017
SKOLESPORT: • Langenhoven Gimnasium speel rugby, netbal en hokkie teen die Hoërskool
Montagu op Gimmies se sportvelde.
Navrae: Theo – 044 272 2151.
Stuur bydraes na sport@hoorn.co.za.