Vrouedag met netbal gevier

Rosebank se wenspan saam met Phillip Seroux (links) en Johnny Baartman (regs) van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum. Foto: Garnett Wicomb

DIE Groter Oudtshoorn Munisipalteit se sportdepartement en die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) het Vrouedag (Dinsdag, 9 Augustus) en so ook Vrouemaand met twee netbaltoernooie gevier.

Die Munisipaliteit het ’n netbaldag op die Bridgton Sportgronde, bekend as die Plate, aangebied met spanne van die Oudtshoorn Infanterieskool, die Iconics van Dysselsdorp, en die Dreamers en Atletico van Oudtshoorn wat daaraan deelgeneem het.

Die Iconics van Dysselsdorp het Dreamers in die eindstryd met 8-6 geklop, met die span van die Infanterieskool wat met die bronsmedalje weggestap het.

Die OCJF het terselfdetyd ’n ontwikkelings netbaltoernooi aangebied met spanne van Rosebank, Polisiehoogte, Black Joint en Kanaal wat daaraanm deelgeneem en vir groot vermaak gesoerg het.
Die span van Rosebank het die toernooi gewen toe hulle Polisiehoogte se span in die finaal met 16-5 geklop het. (Deur Garnett Wicomb)