Grootvoël Boeremusiekfees 2022 Orkes 2: Ontmoet die orkeste!

Die lede van Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels.

Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels, die volgende boere-orkes in die Grootvoël Boeremusiekfees se program, het ontstaan in 2004, en het sedertdien alreeds 26 albums uitgereik.

’n Hele paar van hierdie albums het goue- asook platinum-status bereik – ’n bewys dat boremusiekliefhebbers hul optrede defnitief nie kan misloop nie. Die groep het alreeds vier keer deelgeneem aan die Grootvoëlfees, en sien uit daarna om ook in 2022 deel te wees.

Hul musiek word baie gekenmerk deur Jan Brits en Chris Oberholser se drie-vinger piekstyl. Hulle is ’n groep wat die voete laat jeuk sonder ophou.

Hennie de Bruyn en die Kitaarkerels is saamgestel uit: Hennie de Bruyn, leier van die groep en ook leier- (lead) en ritme-kitaar (rythym) en ritmiese bas; Dawie Beukus, baskitaar en ritme-kitaar; en Oubaas Joubert op leier- en ritme-kitaar.

Koop vandag nog julle kaartjies vir die 2022 Grootvoël Boeremusiekfees, geborg deur TFASA en Radio Namakwaland 93.4fm,  wat op 23 en 24 September in die Hoërskool Oudtshoorn se skoolsaal plaasvind. Naweekkaartjies kos R140 en dagkaartjies slegs R80.

Gaan volg die fees op Facebook of kontak Brian Nieuwoudt by 082 322 7526, of Christo Wiese by 083 453 2806 vir verdere navrae.