Vroue-gholfdag lok 80 spelers

Die Buffeflsdrift Wildsplaas se jaarlikse vroue-gholfdag het Donderdag (1 September), op Lentedag, sowat 80 vroue-spelers van regoor die Tuinroete en so ver as Kaapstad na die Oudtshoorn Gholfbaan gelok. Die vroue het aan ’n 4BBB-formaat spel deelgeneem, met Gwen Rothman (links) en Venessa Henning wat as wenners gekroon is. Hierdie gholfdag word sedert 2015 aangebied, en het vinnig een van die grootste vroue-gholfdae in die streek geword. Sally Kruger en Michelle Landman het “best dressed” gewen. (Foto verskaf)