Posduifwedvlugte vanaf Groblershoop

Só lyk dit wanneer wedvlugduiwe losgelaat word. Hierdie foto is tydens ’n vorige wedvlug geneem. (Foto verskaf.)

LEDE van die Oudtshoorn Posduifklub (OPK) het hul wedvlugduiwe Saterdag (3 September) op Groblershoop in die Noord-Kaap gaan loslaat.

Die duiwe vlieg tussen 518 en 525 km huistoe.

In die Junior-afdeling se wedvlug 25 en 26 het die klub se enigste jongeling, MJ Pienaar, aanhou voortbou aan sy ontwikkeling. Drie van sy duiwe het wedvlug 25 voltooi, en vier wedvlug 26.

Een van Dirk Greeff Lofts (DGL) se duiwe het in die Ope-afdeling eerste tuis geklok in wedvlug 25, en ’n ander derde in wedvlug 26. Een van Night Drop Racers (NDR) se duiwe het tweede in wedvlug 25 ingeklok, en nog een tweede in wedvlug 26. ’n Duif van Anton Janse van Rensburg (JvR) het derde in wedvlug 25 geklok, en nog een eerste in wedvlug 26.

Wedvlug 25-uitslae: DGL – 1, 12 en 19; NDR – 2, 4, 5, 6, 11, 17, 18, 21 en 22; JvR – 3, 25 en 26; Klein Karoo Lofts (KKL) – 7, 8, 9, 13, 15, 16, 20, 24 en 28; Hannes Smit – 10 en 30; Thelma’s Loft – 14 en 27; Ockie@Abe – 23 en 29.

Wedvlug 66-uitslae: JvR – 1, 8, 19, 28 en 30; NDR – 2, 5, 9, 10, 11, 13, 16, 25 en 26; DGL – 3 en 27; KKL – 4, 6, 7, 15, 17, 21, 23 en 29; Ockie@Abe – 12, 14 en 20; Thelma’s – 18 en 24; Smit – 22.