Vlakkiekrieket sorg vir opwinding

Die spanne van Dysselsdorp en Prostars na hul wedstryd op Dysselsdorp. Foto: Garnett Wicomb

Die Tornadoes is met 13 punte die nuwe voorlopers in die 2024 OPL T20-vlakkiekriekettoernooi na sy maklike oorwinning met 130 lopies verlede Sondag oor Hunters.

Tornadoes het eerste gekolf en in sy toegelate 20 boulbeurte 176/7 aangeteken. Hunters se kolwers kon nie die mas opkom teen die skitterende boulwerk van die Tornadoes nie en was in die 15de boulbeurt almal uit. Hungry Lions het Spartans met 5 paaltjies geklop. Spartans het eerste gekolf en was in die 18de boulbeurt almal uit vir 55 lopies. Hungry Lions het hierop met 56/5 geantwoord.

In die wedstryd tussen Prostars en Firestones het laasgenoemde eerste gekolf en in 20 boulbeurte 69/8 op die telbord gekry.

Firestones het met die eerste bal van die 14de boulbeurt en nog vyf paaltjies staande die wenlopies aangeteken.

Die toernooi word deur die Eden Rainbow Development Project (ERDP) aangebied en die puntestand na Sondag se wedstryde is soos volg; Tornadoes 13, Legends 12, Hungry Lions 10, Prostars 9, De Rust 6, Spartans 6, Hunters 6, Teamplayers 3, Firestones 3, Dysselsdorp 0. (Deur Garnett Wicomb)