
Die spanne van die Oudtshoorn Rugbyklub het weereens hul staal gewys toe albei spanne verlede Saterdag hul wedstryde gewen het in hul kragmeting teen die spanne van die Swings in Haarlem.
Die A-span het die wedstryd gewen met ’n telling van 31-22. Merthen Goliath is as speler van die wedstryd gekies.
Die B-span het ’n eenpunt-oorwinning gehad met hul telling van 20-19. Christopher Jaers is vir die tweede week in ’n ry gekies as die speler van die wedstryd.
Albei die spanne lê eerste op die punteleer van die SWD Eerste Liga B-afdeling. Hulle volgende wedstryd is op Saterdag, 15 Junie tuis teen Willowmore. (Deur Lindi Brill)