Twee Oudtshoorniete het verlede Sondag aan die uitmergelende Comrades ultramaraton, wat elke jaar ’n hoogtepunt vir die hardebaard atlete op die atletiek kalender is, deelgeneem.
Hierdie jaar was dit ’n ‘up race’ gewees vanaf Durban tot in Pietermaritzburg oor die afstand van 85,9 km.
Michiel Harold (20) het sy wedloop suksesvol klaargemaak in ’n tyd van 10 ure 54 minute, en hy het ook ’n spesiale toekenning vir die jongste deelnemer wat die maraton voltooi het ontvang.
Harold het vir die Maties Atletiekklub deelgeneem.
Jason Jafta van die Oudtshoorn Amateurklub het hierdie jaar sy 30ste Comrades gehardloop en kan spog met ’n tyd van 9 ure 56 minute.
Die wenners van hierdie jaar se wedloop is Piet Wiersma in die mansafdeling met ’n tyd van 5 ure 25 minute. Gerda Steyn was die eerste vrou oor die wenstreep met haar tyd van 5 ure 49 minute. (Deur Lindi Brill)
Oudtshoorniete draf Comrades kaf
Michiel Harold van Oudtshoorn het ’n spesiale toekenning ontvang by die prysuitdeling van die Comrades Maraton vir die jongste deelnemer wat die wedloop suksesvol voltooi het. Foto: Verskaf