Langenhoven Gimnasium het die afgelope naweek die eerste Liga-landloopbyeenkoms in die afgelope 10 jaar op die skool se skoolgronde aangebied.
Langenhoven Gimnasium se atlete het baie goed presteer by die geleentheid, met Amy Whittam derde by die dogters o.14, Amanda Joubert derde by die dogters o.15, Alida Geldenhuis sesde by dogters o.16, Ané Bester eerste by dogters o.16, Chanelle Bester eerste by dogters o.17 en William van Tonder in die vierde plek by seuns o.19. (Deur Lindi Brill)