Veteraan Johann Coetzer wen 333ste Oudtshoorn Parkrun

Johann Coetzer. Foto: Garnett Wicomb

DIE veteraan atleet, Johann Coetzer (64), het verlede Saterdag die 333ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed met ’n tyd van 25 minute 20 sekondes gewen met Abraham Hendricks in die tweede plek met ’n tyd van 28 minute 9 sekondes en David Brand kort op sy hakke in die derde plek met ’n tyd van 28 minute 24 sekondes.

Dit was Coetzer se 270ste parkrun en sy 232ste op Oudtshoorn. Melanie Fourie (30:43) was die vrouewenner en Nina Cloete (38:20) die eerste junior.

Belinda Muller het Saterdag haar 100 ste Parkun voltooi en dit met ’n glasie sjampanje gevier.

Twee nie-geregistreerde deelnemers was Saterdag onderskeidelik vierde en vyfde van die 56 deelnemers, gevolg deur Albertus Kennedy (29:15), Theo Kruger (29:22), Melanie Fourie (30:43), Charlene Joubert (32:38), Anita Roux (34:10), Sylvia le Roux (37:01), Frans Joubert (37:33), Belinda Muller (37:37) Henri Roux (37:39), Marina Cloete (37:53), Cornelius Raath (38:19), Nina Cloete (38:32), Lenore Cronje (38:43), Rozanne Thiart (38:46), Delia Anna Niemand (38:49) en Sollie Lottering. (39:12). (Deur Garnett Wicomb)