Verlinde weer 1ste

Riekie Erasmus in aksie tydens Saterdag se Parkrun.
Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
Bert Verlinde was soos die vorige week Saterdag weer eerste oor die wenstreep in die 182ste Oudtshoorn Parkrun by Surval in ’n tyd van 18 min 56 sek.

Bert se wederhelf, Melanie Verlinde (23:­22), het in die 10de plek klaargemaak en was die eerste vrou oor die eindstreep.
Ruan Bruwer wat vir die tweede keer deelgeneem het, was tweede in 20:13. Markus Viljoen, wie se eerste Parkrun dit was, was derde in 20:34.

Rossouw Erwee (15), wat ook vir die eerste keer deelgeneem het, was vierde oor die eindstreep en die eerste ju­nior in 20:37.

Patrick Peters (20:52) was vyfde.

Jerry Olivier het Saterdag sy 100ste Parkrun voltooi om lid te word van Parkrun se Klub 100.