Envirino Swartz wat vir Union Stars die beste met die kolf gevaar het.
Deur Wyndham Ewerts
DIE A-span van Union Stars het Saterdag deur-gedring na die halfeindstryd van die SWD T20-krieketliga deur Hartenbos op die Bridgton Sport- gronde oortuigend met 104 lopies te verslaan.
Union Stars, wat die loot gewen het, het eerste gekolf en 160/8 in hul toegelate boulbeurte behaal.
Envirino Swartz (35), Renaldo Swart (30) en Anver Venter (24) het vir Union Stars die beste met die kolf gevaar.
Dillan Nuys (3/2) en Tyrese Karelse het daarna verwoesting met die bal gesaai en Hartenbos vir ’n skamele 56 lopies uitgeboender.
• Union Stars speel Saterdag vanaf 12:15 op die Rec in een halfeindstryd teen Pioneers van Plettenbergbaai terwyl George in die ander halfeindstryd teen Pacaltsdorp speel.
Die wenners van dié twee halfeindstryde speel net ná die halfeindstryde (vanaf omstreeks 15:15) in die eindstryd teen mekaar.