• Momentum Health Cape Pioneer Trek presented by Biogen

#OuteniquaOdyssey 2018 Momentum Health Cape Pioneer Trek presented by Biogen stage2 captured by Zoon Cronje from www.zcmc.co.za
Matthys Beukes, ’n oud-leerder van Oudtshoorn, en sy spanmaat, Philip Buys, het ná die derde skof Woensdag algeheel voorgeloop in die Cape Pio-neer Trek wat Sondag met die proloog op Mosselbaai begin het en Saterdag op Oudtshoorn eindig.
Nadat Beukes en Buys (span Pyga Eurosteel) tweede in die proloog was, het hulle skof 1 en 2 gewen. Hulle was tweede in gister se skof 3.
Hulle loop ná die derde skof 52 sek voor hul naaste teenstanders, Alan Hatherly en Simon Andreassen, wat die proloog en die derde skof gewen het en tweede was in die eerste skof.
Matthew Breers, wat verlede jaar die CPT saam met Hatherly gewen het, was saam met sy spanmaat, Gawie Combrinck, algeheel derde. Hulle was skof 2 se naaswenners.
Yolandé de Villiers, bekende bergfietsryer van Oudtshoorn, en haar Silverback Volvo Mad Macs Kawasaki-spanmaat, Charles McFall, is die voorlopers in die gemengde afdeling nadat hulle die proloog asook skof 1, 2 en 3 gewen het.
Kobus en Fienie Barnard, egpaar van Oudts-hoorn, lê ná gister se derde skof algeheel tweede in die gemengde afdeling.
Die algehele voorlopers in die vroue-afdeling ná skof 3 van die CPT is Karen Brouwer and Cemile Trommer (span KCM Focus).
Vandag se skof 4 begin by Van Kervel en eindig by Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn. Dié taai skof is 115 km lank en klim 2100 m. Dit sluit die geskiedkundige Montagupas in. Die laaste gedeelte van die roete lei deur Chandelier Volstruis- & Wildplaas.
Skof 5, die taaiste skof van die CPT, begin by Gim en eindig 97 km later aan die bopunt van Swartbergpas.
Skof 6 oor 64 km begin weer by Gim. Die roete lei deur Chandelier en omgewing voordat dit in Baron van Reedestraat voor die Queen’s Hotel op Oudtshoorn eindig. Die organiseerders nooi inwo-ners om die feestelike stemming te kom geniet.