Van Tonder wen Parkrun 310

Die wegspring van Saterdag se Oudtshoorn Parkrun. Foto: Garnett Wicomb

WILLIAM VAN TONDER het Saterdag by die Surval Olyflandgoed die 310de Oudtshoorn Parkrun met ’n vinnige tyd van 19 minute 4 sekondes gewen, meer as ses minute voor die naaswenner Christo Theart met sy tyd van 25 minute 47 sekondes.

Steven Dai (27:09) was derde met Mariana van Zyl (31:28) wat die eerste vrou oor die wenstreep was.

Na die voorste drie drawwers het gevolg Albertus Kennedy (28:34), Fanie Olivier (29:05), Ernst van Zyl (29:16), Kevin Crole (29:53), Kerneels Barnardo (30:15), Anton Kock (30:29), Elize Wannenburg (32:06), Hanry Carstens (32:28), Emma Scott (32:38), Janovan Kamfer (38:50), Londiwe Sokhanyile (41:07), Cornelia Olivier (42:07), John Mars (42:51), Hannelie Rix (45:18), Juanita Barron (47:26), Peneltro Janse van Rensburg (49:58) en Marlene Feldman (51:28).

Altesaam 40 drawwers en stappers het Saterdag se 5 km voltooi. (Deur Garnett Wicomb)