Van Tonder weer eerste by Parkrun

William van Tonder tydens ’n vorige Parkrun waar hy ook gewen het. Foto: Garnett Wicomb

VAN die sestien deelnemers aan Saterdag se 297ste Oudtshoorn Parkrun by Surval, was dit die 17-jarige William van Tonder wat met ’n blitsige tyd van 18 minute 35 sekondes eerste oor die wenstreep was.

Twee ongeregistreerde deelnemers het die tweede en derde plekke losgehardloop, met CJ du Plessis in die vierde plek.

Hierna het gevolg Johann Coetzer (24:15), Abraham Hendricks (26:31), Kerneels Barnardo (31:54), Meggan Jordaan (32:02), Maurice Wicomb (38:40), Garnett Wicomb (42:40), Benjamin Bushakevitz (52:08), Irma Stevens (52:08), Fanie Olivier (52:20) en Cornelia Olivier (52: 46). (Deur Garnett Wicomb)