LEDE van die Oudtshoorn Posduifklub (OPK) het hul wedvlugduiwe Saterdag (30 Julie) op Prieska, ’n dorpie op die oewer van die Oranjerivier in die Noord-Kaap gaan loslaat, minstens 550 km vanaf Oudtshoorn via die N12.
In die Junior-afdeling se Jaaroud- en Ope-wedvlugte het die klub se enigste jongeling, MJ Pienaar, sy ontwikkeling in die sport volgehou. Twee van sy duiwe het die Jaaroud-wedvlug voltooi, en nog twee die Ope-wedvlug. MJ het ook wéér die klub se combine-trofee gewen.
Johan de Jager van Night Drop Racers (NDR) het sy verjaarsdag op ’n hoogtepunt afgesluit deur die top drie wedvlugduiwe in beide die Jaaroud- en Ope-afdeling vir seniors te hê. In wedvlug 15, die Jaaroud-afdeling, het NDR se duiwe ongeveer 435 km afgelê, met een duif elk van Thelma’s Loft en Ervic Kemp in vierde en vyfde. In wedvlug 16, die Ope-afdeling, is NDR se drie duiwe gevolg deur een elk van van Hannes Smit en Klein Karoo Lofts (KKL).
Wedvlug 15-uitslae: NDR – 1, 2, 3, 7, 10, 13, 14, 24 en 29; Thelma’s – 4, 8, 19 en 26; Kemp – 5, 18, 25, 28 en 30; Otto Lofts – 6, 12 en 20; KKL – 9, 16, 17 en 23; Smit – 11, 15, 21 en 22; Ockie@Abe – 27.
Wedvlug 16-uitslae: NDR – 1, 2, 3, 7, 8, 11, 18, 22 en 30; Smit – 4, 6, 12 en 13; KKL – 5, 9, 10, 15 en 28; Ockie@Abe – 14, 23 en 26; Otto Lofts – 16, 20, 24 en 25; Thelma’s – 17, 19, 21 en 29; Kemp – 27. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Posduifwedvlugte vanaf Prieska

Be the first to comment on "Posduifwedvlugte vanaf Prieska"