Cobus van der Merwe van die Klein Karoo Wedvlugduiweklub se duiwe het Saterdag uitgeblink in die wedvlugte vanaf Victoria-Wes.
Uitslae in die ope-afdeling: Cobus van der Mer-we – 1, 3, 4, 5, 6, 14 en 17; Otto Lofts – 2 en 11; Dirk Greeff – 7, 13 en 15; George Erasmus – 8; Klein Karoo Lofts: 9 – 10; en Tobie Ellis – 12, 16, 18, 19 en 20.
Jaaroudduiwe-uitslae: Van der Merwe – 1, 7, 10 en 17; Lofts – 2, 5 en 18; Erasmus – 3, 15, 16 en 20; Hannes Smit – 4 en 13; Greeff – 6, 9 en 19; en Ellis – 8, 11, 12 en 14.