Deur Higgo Jacobs
Cobus van der Merwe van die Klein Karoo Posduifklub se wedvlugduiwe het Saterdag die twee wedvlugte vanaf Warrenton oor ’n afstand van 658 km oorheers.
Vyftien van sy duiwe is in die twee wedvlugte onder die eerste twintig geklok.
Die uitslae van die Ope 1-wedvlug is: Cobus van der Merwe – 1, 2, 3, 4, 9, 11, 12, 13 en 16; George Erasmus – 5, 14, 15 en 18; Dirk Greeff – 6, 7, 8, 10, 19 en 20; en Hannes Smit – 17.
Die uitslae van die Ope 2-wedvlug is: Van der Merwe – 1, 2, 4, 5, 6 en 14; Erasmus – 3, 7, 9, 10, 12, 15, 18, 19 en 20; Smit – 8; en Greeff – 11, 13, 16 en 17.