Thysse wen 1 en 2

Deur Higgo Jacobs
Willie en Suyen Thysse se wedvlugduiwe was Saterdag weer aan die voorpunt in die Oudtshoorn Duiweklub se twee wedvlugte vanaf Warrenton oor ’n afstand van 658 km.

Die uitslae van die Ope 1-wedvlug is: Thysses – 1, 9, 12 en 13; Lipstick Hokke – 2, 3, 5, 8, 10 en 16; Night Drops – 4, 7, 11, 14 en 15; en Ockie en Abe – 6 en 17.

Die uitslae van die Ope 2-wedvlug is: Thysses – 1, 2, 5, 9, 11, 15 en 18; Night Drops – 3, 6, 12, 13 en 17; Lipstick Hokke – 4, 7, 10 en 16; en Ockie en Abe – 8 en 14.