Tyrece in binnebaan vir Wêreldbekerspan

TYRECE KARELSE, ’n leerder van die Hoër­skool Protea op Oudtshoorn en lid van die SWD o.19-krieketspan, is genooi om die o.19-voorbereidingskamp van Krieket Suid-Afrika se talentversnellingsprogram in Pretoria by te woon.

Ná afloop van die kamp van 28 November tot 10 Desember sal die SA o.19-krieket­span, wat in Januarie 2020 aan die ICC o.19 Wêreldbeker gaan deelneem, gekies word uit die spelers wat die kamp bywoon.

Tyrece, wat vir die SA o.19 Wêreldbekerspan in aanmerking kom, is ’n lid van die SWD o.19-span wat in Desember aan die Khaya Majola Nasionale Krieketweek in Pietermaritzburg gaan deelneem.

Tyrece het in Oktober in sy eersteklasdebuut in Durban teen KwaZulu Natal ’n vyftigtal geslaan.

• Die o.19-Wêreldbeker vind in Suid-Afrika plaas.