Daniel Boks (naaslinks) was Saterdag die wenner van die pak vleis in die eindstryd van 2019 se vleisgholfdag reeks. Regs van hom staan die jeugdige Sergio Arries, naaswenner, en sy pa, Jakobus, wat derde was. Links is Jurie Neethling, onder-klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
Louis Fourie (jr) is Oudtshoorn Gholfklub se vleiskoning van 2019. Hy het na 11 maande die meeste stableford-punte op die telbord gehad vir hierdie gewilde vleisgholfdag van die klub wat maandeliks sedert Januarie aangebied is.
Spelers wat gekwalifiseer het vir die eindstryd van die die vleisghofdag het Saterdag meegeding om mooi pakke vleis wat deur Oudts-hoorn Spar geborg is.
Danniel Boks was die wenner met 43 punte, gevolg deur die jonge Sergio Arries met 42 punte. Sy pa, Jakobus Arries, was op ’n uittel derde met 38 punte.
André Plaatjies (ook met 38 punte) was vierde en Anton Kock (37) vyfde.
Chris Smith het die boerpot gewen en Pieter Pretorius het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan.
Verskeie spogtwees is geslaan: Sergio en Pretorius op die 8ste, Jakobus Arries, Coenie Nel en Dave Greeff op die 12de, en Piet Swanepoel op die 8ste en op die 12de.