Niel Truter (middel) wat Saterdag die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisgholfdag gewen het. Piet Swanepoel (regs) was die naaswenner. By hulle is Johan Cornelissen, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
Niel Truter het Saterdag met goeie gholf die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisgholfdag met ’n telling van 43 punte gewen.
Piet Swanepoel (41 punte) was tweede, gevolg deur Chris Serfontein (40), Ockie Horowitz (39) en Francois Verwey (38).
Die boerpot is gedeel deur Paul Stroebel, Garth Matthews, Winston Coerecius en Jurgens Burger sr.
Truter het op die 15de putjie die naaste aan die pen geslaan en op die 12de ’n spogtwee behaal. Chris van Zyl het ook ’n spogtwee op die 12de geslaan.
• Deon Barnard en Ockie Horowitz het die Oudtshoorn Besigheidska-mer se gholfdag op Woensdag, 18 Julie, met ’n telling van 45 punte ge-wen. Pieter Strauss en Louis Willeman, ook met 45, was op ’n uittel tweede. Francouis Verwey en Barries Griebenouw (44), en Jaco Mortlock en Jurgens Burger (44) was op ’n uittel onderskeidelik derde en vierde.
Louis Fourie jr en Rudi Mortlock was met 43 punte vyfde.
Matthew Wilken was op die 3de die naaste aan die pen en Willeman op die 12de. Pietie Mooney en Willeman het spogtwees op die 12de putjie geslaan en Marius Greeff op die 8ste.

Ockie Horowitz (links) en Deon Barnard (middel) wat die Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag gewen het. By hulle is Dewald le Roux van Glasfit wat die dag geborg het. Foto: Higgo Jacobs