Vlakkiekrieket begin Sondag

Deur Wyndham Ewerts
DIE derde plaaslike Vlakkiekriekettoernooi (Oudtshoorn T20 Ontwikkelingstoernooi) begin Sondag om 10:00 op die oop stuk grond agter Aurial College.

Firestones Krieketklub, die verdedigende kampioen, het die toernooi in 2016 en 2017 gewen. Altesame twaalf spanne gaan vanjaar aan die rondomtalie deelneem wat deur Eden Rainbow Development Projects (NGO) aangebied word.

Die Herrie en Crafty U is borge.

Enige ander instansie of persoon wat as borg by die toernooi betrokke wil raak, kan Gavin Pietersen kontak by 073 813 1407.