Onder die toppresteerders by die Wesbank Tennisklub se 2018 tenniskampioenskap is van links Paul Fourie, Corlu Nel, Thinus Eloff en Dirk Potgieter. (Sien berig bo.) Foto: Garnett Wicomb
Deur Garnett Wicomb
THINUS Eloff is Wesbank Tennisklub mansenkelspelkampioen vir 2018 nadat hy die belowende jong Marcelle Petzer verlede Woensdag (18 Julie) in die eindstryd met 6-2, 6-3 geklop het.
Petzer het buitengewoon baie foute teen sy meer ervare teenstander begaan en punte prysgegee.
Eloff het daarna ook saam met Dirk Potgieter die mansdubbelspeltitel ingepalm deur vir Paul Fourie en Corlu Nel met 6-1, 6-2 te verslaan.
Vroeër het hy en Christine van Coller ook die gemengde dubbelspel gewen deur vir Jacques de Beer en sy dogter, Julia, in die eindstryd te klop.
Eloff het verlede maand ook die SA Polisie 50+ enkelspeltitel in Pretoria, asook die dubbelspelititel saam met ’n maat agter sy naam geskryf.
Oswald Horne, ook van die Wesbank Tennisklub, het die 40+ enkelspeltitel gewen.