Trompoppies uiteindelik weer op dreef in Oudtshoorn na byna 3 jaar
Die eerste trompoppie-byeenkoms op Oudtshoorn in byna drie jaar het Saterdag (13 Augustus) in die saal van die Arnold de Jager Sportkompleks plaasgevind, met plaaslike spanne wat die geleentheid gebruik het om voor te berei vir opkomende streeks- en nasionale kompetisies. Bridgton Sekondêr is onder meer aangewys as die wenners van die Flag Group-afdeling. Links bo is die Hoërskool Oudtshoorn se span wie se optrede gekenmerk is deur baie “gooi-en-vang” toertjies. Regs bo is Laerskool Van Reede se span kort na hul optrede. Hierdie skool se span het in 2019 geskitter by die SA Trompoppiekampioenskap in Oos-Londen. Foto’s: Stefan Skapie Goosen