Die Oudtshoorn-tak van die wêreldbekende Round Table-organisasie het Dinsdag (9 Augustus) hul jaarlikse gholfdag gehou, met 68 spelers wat die dag ondersteun het. Tafelaars en die wenners van die dag is van links Mario Marais, voorsitter; Daniel Boks; Sergio Arries en Daniel Smuts, ondervoorsitter. Die fondse wat deur die dag ingesamel word, word volgens Marais deur die Oudtshoorn Round Table gebruik om hul liefdadigheidsprojekte deur die jaar aan te vul, en mense in nood by te staan waar en wanneer moontlik.
Foto: Stefan Skapie Goosen