Wenners van Augustus se Oudtshoorn Besigheidskamer gholfdag
Die wenners van Augustus se Oudtshoorn Besigheidskamer gholfdag, geborg deur Du Plessis Motors en Daisy Business Solutions, was met ’n telling van 51 punte André Plaatjies (heel links) en Theo Swarts (heel regs). Saam met hulle, van links, is EP du Plessis (Du Plessis Motors), Gielie Marais (Daisy Business Solutions) en Jurie Neethling (klubkaptein). Die dag hel altesaam 43 spelers na die Oudtshoorn Gholfbaan gelok. Foto: Stefan Skapie Goosen