Trompoppies laat Klein Karoo in verwondering

“Nationals 2025 was exceptionally well-organized and professionally executed, with the entire event running seamlessly. It provided a valuable opportunity for coaches and athletes from across the country to come together, share their passion, and exchange knowledge in a united, annual celebration of cheerleading. The spirit of support and appreciation among teams reflected a strong sense of community and commitment to the growth of the sport in South Africa. Nationals continues to be a highlight of the cheerleading calendar—a time to celebrate talent and witness the sport’s evolution on a national stage.” - Amanda Bowden (SAMCA Cheerleading Director).

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Trompoppie Kampioenskappe het Oudtshoorn vir agt dae, van 4 tot 12 Julie 2025 betower. Hierdie jaarlikse kompetisie vind elke jaar in ’n ander provinsie plaas.

Sowat 800 deelnemers vanoor die hele land het almal wat die pragtige skouspel bygewoon het nie net vermaak nie, maar ook na hul asems laat snak met hul presiese passies wat op die maat van die musiek uitgevoer is. Nie eens die koue kon mense keer nie, en die pawiljoen by Oudtshoorn se REC was propvol toe skouers gewees.

Kostuums is noukeurig gekies met blinkers, vere en linte in elke keur van die reënboog. Asemrowend mooi en beslis iets spesiaal om te beleef, en as jy nie daar kon wees nie het jy beslis iets misgeloop!
Plaaslike spanne het beslis nie teleurgestel nie. Van Reede Senior skool se Small Group Baton groep, is as nasionale kampioene gekroon.

Hierdie is ’n geskiedkundige hoogtepunt vir die span. Hulle het ook weggestap as die naaswenners in die Small Mace-groep en tweede naaswenners in beide die Small Pom en Large Pom/Non-Prop groep afdelings.

Die subleiers en span het ook goed presteer in alle kategorieë, waar hulle ’n algehele 4de plek in Suid-Afrika in die gesogte Champion of Champions kategorie ver-ower het.

Van Reede se Laerskool het ook uitstekend gevaar, ten spyte van uitdagende weerstoestande. Weens aanhoudende reën moes die finale rondte vir laerskole gekanselleer word. Van Reede se Laerskool is as die nasionale kampioene in Pom Non-Prop en Large Drill gekroon, en het ook ’n tweede plek behaal in Small Drill, Mace groep, en Baton. Die gesamentlike prestasies het vir ’n algehele tweede plek in die Champion of Cham-pions kategorie gesorg.

Oudtshoorn se Tersiêre span het goud verower in die Small Mace group, Small Pom en Small Baton katagorieë. Die Small Flag groep het derde geindig.

SWD se Provinsiale Span het geskiedenis gemaak met beide die Junior- en Senior Provinsiale spanne wat onder die top 3 landwyd geëindig het. Die juniors het 2de plek behaal, en die seniors het 3de plek algeheel ingeneem — ’n eerste vir die provinsie en ’n beduidende mylpaal in SWD se geskiedenis.
Volgens SAMCA se webtuiste was die eerste moontlike teken van trompoppies die “Marching Girls” van St Domenics skool in 1923, Gauteng.

Die eerste trompoppie kompetisie het in 1974 plaasgevind. In 1978 is die eerste Trompoppie Organisasie gestig wat later SAMCA geword het. In 2012 is SAMCA as ’n organisasie sonder wins geregistreer.
Volledige uitslae was teen druktyd nog nie beskikbaar gewees nie. (ANGELIQUE ERASMUS)