
Die 2025 Richard Griessen Klein Karoo Kampioenskappe, by die Red Rock Raceway buite Oudtshoorn het vanjaar weer gesorg vir hope vermaak en aksie.
Omstanders het luidkeels hul gunsteling drywers aangemoedig en gesnak na hul asems wanneer daar rakelings baie naby aan die wit muur gery is, sowel as gesug van verligting wanneer die geruite vlag uiteindelik gewaai het.
Dit was ’n yskoue dag, in kontras met die vuurwarm aksie op die ovaalbaan. Soos beloof, het die bande om die draaie geskree, rook getrek, en rooi Klein Karoo stof gestaan tydens elke aksiebelaaide rondte.
Ongelukkig het ’n paar motors probleme ervaar maar daar het steeds 125 motors mekaar die stryd aangesê en gesorg vir hope aksie. Hier volg die wenners in elke klas:
Rear Wheel Drive Legends
1. Coenie Meyer
2. Arnold Verwey
3. Morne Pelser
Ninja Rods
1. Dylan du Plessis
2. Divan Meyer
3. Quade de Lange
1600 Saloons (DO4SA)
1. Jaco Kruger
2. Riaan Nell
3. Archie vd Merwe
1600 Saloons (WOMZA)
1. Llewellyn Kotze
2. Andre Bester
3. Ricco Smit
1660’s
1. Henties de Villiers
2. Tersius van Tonder
3. Jaun le Roux
2.1’s
1. Ricardo Davey
2. Burger vd Westhuizen
3. Henties de Villiers
Hotrods
1. Andries Brand
2. Jaco Aylward
3. Shaun Potgieter
Midgets
1. Ruan Slabber
2. Schalk Swart
3. Anton van Zyl
Heavy Metals
1. Douglas Bailing
2. Cornell Victor
American Saloons
1. Quentin Muller
2. Manfred Oehl
3. Johan Cloete