Die Oudtshoorn Rotariërs hou hul eerste markdag op Saterdag 2 Augustus 2025 in die CP Nel Museum se tuin vanaf 09:00 tot 13:00. Die mark is getiteld “Second Hand Brand New Market”.
Hierdie inisiatief is ter ondersteuning van hul jaarlikse Krismisboks en beertjie projek.
Belangstellendes kan ’n staanplek bespreek teen slegs R200 per spasie. Almal is baie welkom.
“Hierdie is die perfekte geleentheid om van jou ou klere, boeke, speelgoed en enige ander items te verkoop en ’n geldjie te maak,” vertel Lezelma Pretorius van die Oudtshoorn Rotariërs.
Vir meer inligting kontak gerus vir Lezelma by 084 582 3514, Mari-Lu Roller by 082 371 6886 of Dalia Wilck by 084 620 0977
“Kom geniet die dag saam met ons en kom snuffel gerus rond vir groot winskopies.” sluit sy af. (ANGELIQUE ERASMUS)
