Trompoppie-seisoen al meer opwindend op Oudtshoorn
Die trompoppie-seisoen op Oudtshoorn raak al hoe meer opwindend met ouers van die dorp wat Saterdag (27 Augustus) die pawiljoene by die De Jager Sportkompleks volgesit het om die spanne se skouspelagtige toertjies en roetines te bekyk. Hier is die Hoërskool Oudtshoorn se span aan die beurt. Hierdie plaaslike byeenkomste dien as voorbereiding vir opkomende streeks- en nasionale kompetisies. Foto: Stefan Skapie Goosen