5 van hier haal Eden-span!

Basketbalspelers van Oudtshoorn (in blou) het Saterdag (27 Augustus) by die Heatherlands Hoërskool in George aan die o.15 Eden Distrik-proewe deelgeneem. Uit die sewe spelers van hier wat aan die proewe deelgeneem het, is vyf vir die Eden Distrikspan gekies. Al vyf is leerders van Bridgton Senior Sekondêr en word deur Ebenezer Titus van die Bridgton Basketbalklub afgerig. Hulle is Delvino Fortuin, John-Theo du Plessis, Crawine Ruiters, Emile Grondt en Christiano Fouché. Foto: Ebenezer Titus