By die onlangse Eden Kushengel prysuitdelingsfunksie, wat op 6 Mei in Mosselbaai plaasgevind het, is ma en seun vereer vir hul prestasies in die hengel-wêreld. Renaldo Hiscock (foto regs) het tweede plek – dit wil sê die silwer medalje – gekry in die “Winter Total Edible Catches 2023”-afdeling terwyl sy ma, Maritsa Hiscock die derde plek – met ander woorde brons – verower het vir dieselfde kategorie in die vroue-afdeling. Renaldo het ook ’n trofee op 27 Mei by die Outeniqua Hengel-klub-prysuitdeling ontvang as die Top Junior van die jaar. Foto’s verskaf
Top-hengelaars van Oudtshoorn vereer
