Aangebied deur Oudtshoorn Vaardigheidskool (Foto’s: Stefan Skapie Goosen, Die Hoorn)
Meer as 100 spanne van altesame 18 skole het by die Oudtshoorn Vaardigheidskool deelgeneem aan die Timbercity SWD Troutrekbyeenkoms. Hier is van die aksie en medaljewenners.
Die Hoër Landbouskool Oakdale se seunspanne het ses afdelings gewen.
Die Hoër Landbouskool Oakdale se 440 kg A-span wat Saterdag ’n goue medalje in hul afdeling gewen het.
By die byeenkoms was van links Gavin Block, hoof van die Vaardigheidskool, en Louis Willeman, Johan van der Bank en Ethan Nel, al drie van Timbercity wat die dag geborg het.
Ondersteuners van die toutrekspanne se geesdrif loop oor.
Die Laerskool Laurus se kaalvoetspan, hard aan die trek.
Dis nie maklik om ’n kaalvoet te wees en altyd jou balans te hou nie.
Trek, sussie, trek! ’n Afrigter van een van die spanne moedig ’n spanlid met oorgawe aan.
’n Gemengde span van die Hoërskool Swellendam in aksie.
Die gemengde 520 kg-span van die Hoërskool Swellendam het met die louere in hul afdeling weggestap.
Van Kervelskool het met groot geesdrif deelgeneem.
’n Gemengde-span van Study House in George doen hul bes.
