Sakeaflos bring oud en jonk byeen

Langenhoven Gimnasium se Fast & Furious-span wat die algehele wenners van die Timbercity Klein Karoo Sakeaflos was. Hulle het ook die afdeling vir gemengdespanne gewen. Foto: Dave van der Walt

Ná ’n afwesigheid van twee jaar weens die Covid-19-pandemie, het 35 spanne vanjaar weer Maandag (28 Februarie) deelgeneem aan die Timbercity Klein Karoo Sakeaflos, aangebied deur die Klein Karoo Atletiekfonds (KKAF).

Volgens Dave van der Walt van die KKAF het atlete hulle gate uit geniet nadat ’n donderbui vroeër die aand die lug “verfrissend skoon” gemaak het.

Die algehele en ook gemengdespan- wenners was Langenhoven Gimnasium se Fast & Furiuos-span.
Die ander wenspanne en pryswenners was: mansspan – Oasis Water; vrouespan – SWD Krieket; besigheidspan – Plaspac; magtespan – SANW-Siekeboeg; hoër-skoolseuns – Oudtshoorn Vaardigheidskool; hoërskoolmeisies – Langenhoven Gim Runaway Brides; stapspan – Oasis Water se Water Druppels.

Die “Fancy Dress”-kompetisie is deur Mediclinic Klein Karoo gewen en verskeie spotpryse is ook getrek.