Timbercity PG Glass Gholfdag

Die Oudtshoorn Besigheidskamer se 4-bal-beter-bal Stableford-gholfdag, geborg deur Timbercity en PG Glass Oudtshoorn, het gistermiddag (Woensdag) by die Oudtshoorn Gholfklub plaasgevind. Die wenners met hul vleispryse is Jacobus King (vierde van links) en Seppie Uys (derde van regs). By hulle is van links Paul Stroebel, klubkaptein van die gholfklub, Donna-Lida van der Berg van PG Glass, Tessa van Greunen van Timbercity, Louis Willeman van Timbercity en Gideon Badenhorst van die besigheidskamer.