Thysse se duiwe vlieg 19 plekke los

Deur Higgo Jacobs
Willie en Suyen Thysse se wedvlugduiwe het Saterdag die Oudtshoorn Duiweklub se twee wedvlugte vanaf Victoria-Wes oor 255km oorheers.

Hulle het eerste plekke in die ope-afdeling sowel as afdeling vir jaar-oudduiwe behaal.

Die volledige uitslae is as volg:
Ope-afdeling: Willie en Suyen Thysse – 1, 2, 5, 6, 7, 8, 13, 15 en 20; Raubenheimer-broers – 3, 12 en 19; JC Barnard – 4 en 17; Johan Whyte -9; Johan de Jager 10, 11, 14, 16 en 18.

Jaaroud-duiwe: Willie en Suyen Thysse – 1, 4, 5, 6, 8, 9, 10, 13, 16 en 20; Raubenheimer-broers – 2, 3 en 17; Charl Erasmus – 7; Johan Whyte – 11; JC Barnard – 12 en 19; en  Johan de Jager – 18.