Reinhard palm pak vleis in!

Dis die lekkerrrr vleis! Reinhardt van Coller (regs), wenner, en Chris Smith, naaswenner, met die lekker pakke vleis wat hulle Saterdag in die vleisdagkompetisie gewen het. Smith het die regte trui gedra en Springbokondersteuners se harte warm laat klop! Foto: Higgo Jacobs

Dis die lekkerrrr vleis!
Reinhardt van Coller (regs), wenner, en Chris Smith, naaswenner, met die lekker pakke vleis wat hulle Saterdag in die vleisdagkompetisie gewen het. Smith het die regte trui gedra en Springbokondersteuners se harte warm laat klop!  Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Reinhard van Coller het Saterdag die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisgholfdag met ’n telling van 41 punte gewen.

Chris Smith (40 punte) was tweede. Pietie Mooney en Clement Rex, albei met 39, was op ’n uittel derde en vierde. Anton Kock (38) was vyfde.

WM Badenhorst het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan en ook ’n spogtwee hier aangeteken. Hy het boonop die boerpot gewen.

Mooney, Kock en Van Coller het spogtwees op die 8ste putjie geslaan.

• Pieter Strauss het Woensdag, 13 Junie, se individuele stableford met ’n telling van 38 punte gewen.

Barries Griebenouw en Deon Barnard, albei met  37 punte was op ’n uittel onderskeidelik tweede en derde.  Terry van Coller en Colin Swigelaar, albei met 35 punte, was vierde en vyfde.

Strauss het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan en ook die boerpot gewen. Louis Slabbert het ’n spogtwee op die 8ste behaal.