Deur Garnett Wicomb
THINUS Eloff het Saterdag sy enkelspeltititel van die Wesbank Tennisklub behou toe hy die belowende jong Marcelle Petzer (16) in ’n taai eindstryd met 8-6 geklop het.
Eloff was met 7-6 voor toe Petzer sy enkel beseer en die wedstryd moes prysgee. Die twee het mekaar ook verlede jaar in die eindstryd gepak.
Die 14-jarige Patricia Esterer is die vroue enkelspelkampioen nadat sy vir Anandi de Waal (13), in die eindstryd met 8-5 geklop het.
Die kampioenskap is vanjaar in ’n nuwe korter formaat gespeel met al die spelers wat in ’n rond-omtalie teen mekaar gespeel het.
Jacques de Beer en nog ’n belowende jong speler, die 13-jarige Louis Uys, het sake om die derde en vierde plek uitgespook met De Beer wat as wenner uit die stryd getree het.