Hannes Smal (middel) en Louis Slabbert (regs) wat die Oudtshoorn Besigheidskamer se geborgde gholfdag gewen het. By hulle is Shaun Westraad van Timbercity wat die dag geborg het. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidska-mer se maandelikse gholfdag op Woensdag, 5 Junie, is deur Han-nes Smal en Louis Slabbert ge-wen met ’n telling van 47 punte.
Etienne Roos en Barries Grie-benouw (44 punte) was op ’n uittel tweede en Louis Fourie jr en Kirsten Bredekamp (ook met 44 punte) derde.
Marius Wilken en sy seun, Marius (43 punte) was op ’n uittel vierde gevolg deur Pieter Strauss en Heinrich Terblanche (ook met 43 punte).
Slabbert het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan en Wilken op die 12de waar hy ook die balletjie ingerol het vir ’n spogtwee. Griebenouw, Gernes Claassen en Deon Barnard het spogtwees op die 8ste geslaan.