Heinrich en Willemien hardloop voor

Deur Garnett Wicomb
HEINRICH Stover en Willemien van Tonder was Saterdag onderskeidelik die mans- en vrouewenner by die 216de Oudtshoorn Parkrun by Surval.

Stover se wentyd was 20 min 25 sek terwyl Van Tonder die 5 km in 22 min 24 sek voltooi het. Sy was algeheel vierde.

Greens Groenewald (21:18) was tweede met Thys Jamneck (21:34) in die derde plek.

Sarah Viljoen (24:31) was die tweede vrou en Rozanne Theart (24:36) die derde vrou.

Mariette Prinsloo het Saterdag haar 100ste Parkrun voltooi.

Ander deelnemers wat Saterdag goeie tye aan-geteken het, is met hul tye in hakies:

Deon van der Walt (23:40), Christo Theart (23:41), Jacques Jacobs (23:47), Hans Lareman (24:04), Francois Goosen (24:25), Zane Clements ( 24:34), Tarren Jullies (25:14), Johan Coetzer (25:40), Adriaan Kennedy (26:03), Pieter Keller (26:17), Albertus Kennedy (26:43), Frans Joubert (27:09) en Fanie Olivier (27:18).