John April wat ’n silwer medalje losgehardloop het by vanjaar se Comrades.

Die veteraanatleet Jason Jafta wat vanjaar sy 28ste Comrades voltooi het.
Deur Higgo Jacobs
John April van die Nedbank Atletiekklub op Oudtshoorn het Sondag uitstekend gevaar tydens sy eerste deelname aan die Comrades Marathon van Durban na Pietermaritzburg.
Hy het met sy tyd van 6 uur 44 min 3 sek oor die sowat 87 km van die ultra-wedloop die 115de plek behaal en ’n silwer medalje ingepalm. Alle atlete wat die Comrades in minder as 7 uur 30 minute voltooi, verwerf ’n silwer medalje.
Altesame sowat 25000 langasems het vir vanjaar se Comrades ingeskryf waarvan sowat 550 silwer medaljes ontvang het.
Jason Jafta, veteraanatleet van Oudtshoorn Atle-tiekklub het sy 28ste Comrades voltooi in ’n tyd van 10:42:21.
Sover vasgestel kon word, het Herman Kruger en sy vrou, Marietjie, asook Leon van der Merwe en Clyde Avontuur van Oudtshoorn ook aan vanjaar se Comrades deelgeneem.