Oupa en kleinseun wen gholfdag

André van Greunen (naasregs) en sy kleinseun, Francois-André Beets, het Saterdag se gholfdag wat deur Langenhoven Gimnasium aangebied is, gewen. By hulle is Stefanus Potgieter (links), Gimmie-skoolhoof, en Paul Stroebel, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
André van Greunen en sy kleinseun, Francois-André Beets, het Saterdag Langenhoven Gimnasium se geborgde gholfdag op die plaaslike gholfbaan met 50 punte gewen.

Die formaat was ’n “scramble drive” met altesaam 95 spelers wat afgeslaan het.

Makka Swart en J Meyer was tweede met 47 punte. Hierna het gevolg Pieter Strauss en Skillie Pretorius met 46 punte in die derde plek en Lllewellyn Rheeder en Marius Wilken met 45 punte, vierde.

Rudi Motlock en Louis Fourie (sr) was op ’n uittel (45 punte) vyfde.

Daniel Boks het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan, Chris Smith op die 8ste, Lollies van Rensburg op die 12de en Chris McPherson op die 15de putjie.

William Phillipus het met twee houe die naaste aan die pen op die 18de putjie geslaan, terwyl Heinrich Oosthuizen met die langste dryf gespog het.