Tennistoernooi ’n groot sukses

Die Klein Karoo Tennistoernooi is op Woensdag, 1 Mei by die Wesbank Tennisklub aangebied.

Johann Koch van JK Tennis en Pieter van der Walt van Totally Tennis het hierdie toernooi gesamentlik aangebied en hul spelers die geleentheid gegee om wedstrydervaring op te bou.

52 spelers het aan die dag deelgeneem en volgens die uitslae en die glimlagte op almal se gesiggies, was die dag ’n groot sukses. Foto: Verskaf