Gimmies en Struisies pak mekaar Saterdag aan op die sportveld

Buiten opwindende netbal- en hokkiewedstryde gaan daar aksie-belaaide eerste rugbyspanwedstryde tussen Stuisies en Gimmies hierdie komende Saterdag by Gimmies se sportgronde plaasvind. Foto; Die Hoorn argief

Langenhoven Gimnasium en Hoërskool Oudtshoorn sê mekaar Saterdag die stryd aan. Die twee Oudtshoorn skole gaan sorg vir groot opwinding op die rugby- en hokkieveld en netbalbaan.

Die aksiebelaaide dag vind vanjaar by Langenhoven Gimnasium, in Noordstraat plaas, en beloof om menige ouer, ondersteuner en deelnemer Maandag met ’n hees stem agter te laat.

Plaaslike besighede het hierdie week spesiaal onderneem om aan elke span, en speler van beide die skole, sterkte toe te wens.

Soos Emily Voyles gesê het “It doesn’t take strength to win. It takes the true heart of the team to win!”

Sterkte aan elke span wat deelneem, geniet dit en speel julle harte uit. Go Gimmies! Go Struisies!
Die eerste hokkie wedstryde skop al Vrydag om 17:00 af.

Hekke open Saterdag om 07:15, toegang is R10 per persoon, en daar is parkering beskikbaar op die C-Veld teen R20 per voertuig.