Johan April en Anderson Ncube, twee plaaslike atlete van Oudts-hoorn, het ’n oefengroep begin bestaande uit atlete van Bongolethu Primêr.
Hierdie groepie atlete is geborg deur die Klein Karoo Atletiekfonds om aan die Red Stone Hills Trail Run wat die afgelope naweek plaasgevind het, te gaan deelneem.
Twee van die atlete, Donovan Afrika en Emauel Kiewiets, het die tweede en derde plek in die 16 km wedloop los gehardloop.
“Ons as afrigters is baie trots op die atlete en die harde werk wat hulle insit”, het April aan Die Hoorn gesê. (Deur Lindi Brill)
Atlete van Bongolethu Primêr presteer
Donovan Afrika (links) het 2de gekom en Emauel Kiewiets (regs) het 3de. In die middel is die wenner, Francois Maquassa. Foto: Verskaf