Moedersdag: Waar het Moedersdag sy ontstaan?

Mamma Christine Schoeman by haar twee spruite,John-Louis(4) en Mieke (6). Foto: Bianca Kruger Photograpy

Moedersdag, volgens die web-werf Wikipedia, is ‘n dag wat moeders en moederskap gedenk.

Moedersdag word in Suid-Afrika (en meeste ander Westerse lande) op die tweede Sondag van Mei gevier. In die Verenigde Koninkryk en Ierland word ‘n ouer tradisionele kerklike Moedersdag, bekend as Mothering Sunday, drie weke voor Paasfees gevier, terwyl Moedersdag in Rusland op die laaste Sondag in November val.

Die tradisie is gewoontlik om alle ma’s, ouma’s en skoon-ma’s op die dag lekker te bederf. Dit kan insluit deur vir hul ontbyt in die bed te bedien, help met kosmaak en ander huishoudelike take.

Kaartjies, blomme en geskenke word ook soms op dié dag aan moeders gegee om die dag vir hulle ekstra spesiaal te maak. Hoe gaan jy jou ma op Sondag, 12 Mei 2024 bederf?