Lara Le Roux van Oudtshoorn, het verlede naweek aan die SAIC Internasionale Uithourit in Fauresmith deelgeneem.
Lara en haar perd, Koringkloof Fadjur, was die algehele wenners van die FEI 120 km-afstand met ’n tyd van 05:15:31.
Fauresmith se baan is veral bekend vir die jaarlikse 200 km uithourit wat oor drie dae plaasvind.
Dit is ’n baan wat elke ruiter se ruiterkuns (“horsemanship”) tot die uiterste toets.
Daar is groot dele van die baan wat bulte insluit wat tot 2 km in afstand is. Enige ruiter wat sy sout werd is, weet dat jy slegs jou perd suksesvol by die eindpunt gaan kry as jy maar afspring en langs jou perd die bult uitdraf om hom so veel as moontlik te spaar vir die res van die baan.
Die feit dat Lara die Fauresmith 200 km al menigte male gewen het, getuig van haar perfekte ruiterkuns en die goeie teling van die perde waarmee sy deelneem. (Deur Lindi Brill)
Lara en Fadjur laat langpad na kinderspeletjies lyk
Lara en haar perd, Koringkloof Fadjur. Foto: Johanette Photography