Die lang uitgerekte verhoor van die Rabie-egpaar, Marthinus en Elmarie, wat tereg staan op 37 aanklagte van bedrog is verlede Maandag in die Oudtshoorn streekhof vir die betoogshoofde van die staat en die verdediging tot Novembermaand uitgestel na die sluiting van die verdediging se saak.
Marthinus Rabie, ‘n voormalige tegnikus in diens van die Wes-Kaapse Departement van Landbou by die Oudtshoorn proefplaas, en sy vrou het glo tussen 2006 en 2008 hulself verryk met staatstenders wat op slinkse wyse bekom is vir die vrou se twee beslote koöporasies, Attakwa en Gwaiing Ontwikkelings.
Die staat voer aan dat Elmarie Rabie probeer om haar man te beskerm wat glo by alle projekte van haar twee koöperasies betrokke was.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en is vir voortsetting tot 12 November 2024 uitgestel.
Die beskuldigdes is uit op waarskuwing. (Deur Garnett Wicomb)
Rabie bedrogsaak vir slotargumente uitgestel
