TARREN JULLIES was Saterdag, 5 Desember, weer die vinnigste deelnemer aan die virtuele Oudtshoorn Parkrun met ’n tyd van 24 minute 13 sekondes vir die 5 km.
Francois le Roux was tweede met sy tyd van 25 minute 52 sekondes en Conrad Jullies, derde met ’n tyd van 26 minute 42 sekondes.
Ander deelnemers aan die 30ste Parkrun was Bart Saaiman (29:19), Hildegarde Bruwer (30:22), Henry Carstens (31:15), Annemarie Le Roux (31:51), Sylvia Le Roux (36:22), Hestia Burger (37:00), Helena Smit (37:02), Leonie Stuurman (37:59), Belinda Muller (37:59), Garnett Wicomb (43:29) en Geraldine Loftie-Eaton (49:02). (Deur Garnett Wicomb)
Tarren weer vinnigste by Parkrun
